| |
| | Suriname - Wikipedia |
 | | Suriname (Republiek Suriname) is 'n Suid-Amerikaanse republiek, geleë aan die noord-ooskus van die kontinent en grens in die ooste aan Frans-Guyana, in die weste aan (voormalige Britse) Guyana, in die suide aan Brasilië en in die noorde aan die Atlantiese Oseaan. |
 | | Suriname is verdeel in 10 distrikte: Paramaribo, Nickerie, Coronie, Saramacca, Wanica, Commewijne, Marowijne, Brokopondo, Para en Sipaliwini. |
 | | Suriname besit die oorblyfsels van die voormalige Lawaspoorweg (enkelvoudige spoor) van Onverwacht na Brownsberg (oorspronklik van Paramaribo na Dam), wat sedert die tagtigerjare nie meer in gebruik is nie, plus die spoorlyn van Apoera na die Bakhuisgebergte (100 kilometer 'van nêrens tot nêrens'), aangelê in 1976. |
| af.wikipedia.org /wiki/Suriname (2153 words) |
|