| |
| | Afrikaans preke, Jesus Christus GK, Geref Kerk |
 | | Hier, in die Gereformeerde Kerk Pinetown, is ons daartoe verbind om in alle opsigte die sigbare, hoorbare en voelbare liggaam van Christus te wees - sý hande en voete en mond in 'n wêreld wat Hom nie ken nie. |
 | | Dinge soos armoede, werkloosheid, misdaad, geweld, siekte, gesinsverbrokkeling en huweliksnood, asook die diep sielkundige impak wat 'n veranderde samelewing op mense maak, staan by ons in die fokus van ons bediening. |
 | | Die Gereformeerde Kerk Pinetown bestaan seders 1986 in die Highway-gebied, en is 'n selfstandige plaaslike kerk wat deel uitmaak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). |
| www.gereformeerdekerk-pinetown.org.za (556 words) |
|